Besigheid en Persoonlike Ontwikkelings Afrigting

Praktiese “Hands On” Dag tot Dag hulp
Almal het raad, oral kan jy boeke by dosyne kry oor hoe om my lewe te verbeter wat om hier te doen en wat om daar te doen, tot jy kom by jou eie lewe, hoe pas ek die goed toe in praktyk, maklik om te skryf wees positief, beplan, kry doelwitte ens, ens ens, maar hoe in dees aarde doen ek dit in die praktyk. Julle ken almal die situasies, my kind luister nie as ek praat nie, my kind jok vir my, my man of vrou skel aanmekaar, ek dink ek doen goed net om uit te vind ek het weer droog gemaak. Hoe hanteer ek al die goed. Ek gee nie om hoe ander mense dit hanteer nie, of wat hulle gedoen het nie ek is anders, hoe hanteer ek myne.

Ek het beslis nie vir jou raad of antwoorde nie, maar jy het, ek kan jou help om daai antwoorde by jouself te kry en prakties elke dag toe te pas en jou kry om daarby te hou. Al wat ek kan bied is eerlikheid, ek gaan beslis nie jou gevoelens spaar nie, en ondersteuning soos jy nog nooit ervaar het nie.

Vir praktiese “hands on” ondersteuning stuur e-pos of SMS en ons sal jou kontak.

Is jou verhouding op die rotse, Wat vernietig verhoudings? 4
In ons reeks oor wat ons verhouding vernietig het ons reeds gekyk na selfsugtige eise wat ons aan mekaar stel. Ons het gesien Kobus het Karin geforseer om seks te beoefen al wou sy nie aangesien een van haar top emosionele behoeftes nie bevredig is nie en sy nie op daai stadium liefde ervaar het vir Kobus nie. Die geheim van selfsugtige eise is dat ons dit sal verander na ‘n versoek met inagneming van die ander se gevoelens.  Dink net hoe wonderlik sou dit gewees het as Karin vir Kobus kon reguit  se sy het nie behoefte aan omgang nie en Kobus haar ordentlik gevra het hoekom nie en sy reguit sonder vrees kon antwoord dat sy afgeskeep voel.

En dis hier waar die kern van alle probleme is. Ons ken mekaar nie werklik nie, ons verstaan nie mekaar se behoeftes nie en is te bang om openlik oor die behoeftes te gesels aangesien ons bang is ons maak die ander persoon seer of die gesprek ontketen ‘n bakleiery.

So wat is die top tien emosionele behoeftes. Hierdie is slegs ‘n riglyn en daar is nog baie,  maar uit navorsing is dit duidelik dat hierdie tien die mees algemene by mans en vrouens is, die groot verskil is egter, die orde waarin hulle rangskik word verskil verskriklik tussen mense en nog erger tussen mans en dames.

So hier is die tien, kyk watter is vir jou belangrik en merk in  prioriteit van een tot tien.

Toegeneentheid- Uitdrukking van liefde deur drukkies, kaartjies, blomme, oproepe ens.

Seksuele vervulling – Om mekaar se seksuele behoeftes te verstaan en mekaar in ag te neem rakende dit.

Gesprekvoering – Om elke dag tyd toe te laat om met mekaar te gesels en te deel wat gebeur het deur die dag sonder onderbreking.

Ontspannings kameraadskap – Om te verstaan wat elkeen se voorkeur is wanneer dit kom by ontspanning en buitemuurse aktiwiteite en dit saam te doen.

Eerlikheid en openheid – Om te alle tye eerlik te wees en openlik oor jou verlede en oor wat jy bedags doen en wanneer julle nie saam is nie.

Fisiese aantreklikheid – Om te weet wat jou eggenoot verwag van hoe jy moet lyk en te alle tye te probeer om hom of haar gelukkig te maak wat dit aanbetref.

Finansiële ondersteuning – Om te sorg dat finansies voldoende is en alles op datum betaal en gedoen is.

Huishoudelike ondersteuning - Om tuiste te skep waar almal ontspanne en veilig kan voel en mekaar ondersteun in wat gedoen moet word.

Familie verpligtinge – Om genoeg tyd toe te laat om betrokke te wees by familie aangeleenthede soos kinders versorg ens.

Weet jy watter een van hierdie tien die belangrikste is vir jou maat of aanvaar jy sommer wat belangrik is. Indien ons weet wat elkeen se behoeftes is kan ons onsself aanpas om daai behoeftes te bevredig en op die manier deponeer ons weer eenhede in daai emosionele bank.

Is jou verhouding op die rotse, Wat vernietig verhoudings? 3
Die huwelik is seker een van die moeilikste verhoudings waarin mens kan staan. By enige ander verhouding waarin jy betrokke is kan jy die deponeer of onttrek van eenhede uit jou emosionele bank beheer. Hoe doen mens dit? baie eenvoudig indien jy te doen het met iemand wat jou irriteer beweeg jy net weg van daai persoon. Deur dus meer of minder kontak met ‘n persoon te hè beheer jy op ‘n manier die onttrek en deponeer van eenhede in jou emosionele bank. In die huwelik egter word ons saam gegooi in ‘n geslote verhouding en dit is baie moeilik om sommer net weg te beweeg. Indien jou maat iets doen wat jou irriteer gebeur dit oor en oor en daarom is dit so belangrik dat ons mekaar verstaan en  wat die klein jakkalsies is wat ons liefde steel sodat ons daaraan kan werk en die irritasie kan wegneem.

Dan is daar natuurlik die twee persone, geer en nemer wat as twee aparte persone in die huwelik voorkom. In gewone verhouding is die persoon eintlik een met ‘n bietjie gee en ‘n bietjie neem in hom. Ongelukkig in die huwelik word die persoon twee wat meeding om die top pos in die huwelik te beklee. Ons is of ‘n geer of nemer en dit is baie gevaarlik. Terwyl jy nog die geer is gaan dit goed maar sodra daai ou die nemer oorneem is dit chaos, hy wil net hê en alles moet net gedoen word om hom te plesier.

Dit is dus belangrik dat ons bewus is daarvan dat die twee persone binne in ons skuil in ons huwelike, en sodra een totaal oordonder  sonder balans moet ons die gevaarligte sien aankom en daaraan werk om balans terug te bring.

Wat is die mees prominent by jou die geer of die nemer?

Kort voorbeeld hiervan, julle het dit al almal ervaar waar jou eggenoot basies enigiets kan doen en jy aanvaar dit net. Jy kry opdragte wat jy vir die ander moet doen en jy doen alles maar net ewe geneë. Dit is die geer in aksie, dan op ‘n dag se iets in jou kop vir jou, “maar hoekom moet ek alles doen?” dan steek jy vas soos ‘n donkie en jy is net dwars en omgesukkeld oor alles wat die persoon ou vra om te doen, dis die nemer in aksie.

Is jou verhouding op die rotse, wat vernietig verhoudings? 2
Nou ja so het die groot dag toe aangebreek vir Kobus en Karin, hul troudag, wonderlike geleentheid, maar ongelukkig het daar iets drasties verkeer geloop met die reëlings. Alles was perfek, die saal die blomme die kos en Karin se trourok, maar die belangrikste  het agterweë gebly, niemand het ooit met hulle gepraat waaroor gaan die huwelik nie, niemand het hulle ooit gehelp om uit te vind wat is elkeen se emosionele behoeftes nie, en die ergste niemand het hulle ooit gehelp om uit te vind wat is daar in elkeen wat die ander gaan irriteer nie. Maar behalwe vir dit loop alles klop disselboom en na die troue vertrek hulle op ‘n onvergeetlike wittebrood.

Terug van Wittebrood is die lewe terug na normaal, Kobus en Karin begin weer te werk en soos dinge maar werk is die druk by die werk maar groot as gevolg van die ekonomiese resessie. Kobus werk al harder en langer ure om alles te laat klop. Een van Karin se top emosionele behoeftes is om te gesels en te praat oor wat in die dag gebeur. Aangesien Kobus laat tuis kom, moeg is en net wil ontspan luister hy nie werklik wat Karin sê nie. Sy voel afgeskeep en eenhede word uit haar emosionele bank onttrek wat maak dat sy minder lief voel vir Kobus en nie behoefte het aan seks met Kobus nie. Seksuele bevrediging is een van Kobus se top emosionele behoeftes en hy verstaan nie hoekom Karin nie belang stel in seks nie en net daar maak Kobus ‘n fatale fout, hy dring op selfsugtige manier aan op seks, dit ontstel Karin verder en die hulle seksuele verhouding kom tot stilstand wat  veroorsaak dat hulle verhouding tot stilstand kom. Stil stuipe volg, afjakke, baklei oor alles en so sneeubal die hele probleem.

So wat het gebeur? Kobus het nie geweet hoe hoog gesels op Karin se emosionele behoefte lys was nie aangesien dit vir hom nie baie belangrik is nie. Indien hy dit geweet het kon hy werk gemaak het daarvan en daar sou geen probleem gewees het nie. Die appel kar is verder omgegooi toe hy selfsugtig aangedring het op seks terwyl Karin nie gereed was daarvoor die. Twee eenvoudige goed, te min gesels en selfsug steel Kobus en Karin se geluk. Hoekom? omdat hulle nie weet wat die ander se emosionele behoefte is nie en wat mense moet vermy as dit by liefde kom. Karin se top emosionele behoefte was gesels. Kobus sin was seksuele bevrediging. Die eerste ding om te vermy in ‘n verhouding is selfsugtige eise.

So wat is ‘n selfsugtige eis? Dit is wanneer jy iets verwag van jou eggenoot wat net tot jou voordeel is en ten koste van die ander persoon is. Gewoonlik gaan dit ook gepaard met straf indien die persoon dit nie doen nie. ‘n Voorbeeld hiervan is dat Kobus vir Karin ‘n ultimatum stel as hy nie seks by die huis kry nie dan sal hy dit maar elders gaan soek. Nou doen Karin dit maar en haat elke oomblik daarvan wat hul verhouding net verder versuur.

Weet jy wat jou geliefde se top emosionele behoefte is? Stel jy ooit selfsugtige eise aan jou geliefde?

Is jou verhouding op die rotse, wat vernietig verhoudings? 1
Voor ons begin met hoe vernietig ons verhoudings, en ons huwelike, moet ons seker die basiese konsep verstaan van hoekom is ons in die eerste plek in ‘n verhouding met iemand  of hoekom trou ons met iemand. Dis miskien nou ‘n goeie tyd om vir jouself ‘n lysie te maak oor hoekom jy met ‘n spesifieke persoon in ‘n verhouding staan. Wat maak jou aangetrokke voel tot daai persoon en wat doen hy of sy wat jou regtig gelukkig maak.

Om mee te begin wil ek met ‘n baie eenvoudige voorbeeld, wat ek by Dr Harley Jr gekry het, verduidelik hoe ons emosies en liefde werk. Ons kan nie ‘n suksesvolle verhouding of huwelik hê as daar nie passie in die verhouding is nie. Enige iets wat ons aanpak met passie is gewoonlik ‘n sukses en dit is presies dieselfde met verhoudings. Ongelukkig na ‘n paar weke, maande en sommige gevalle jare vervaag die passie en ons verhoudings word stereotiep  en vervelig. Dis net hier waar alles dan begin skeef loop. Nou wat gebeur?

Liefde is die kern van alles, kan jy nog onthou daai eerste gevoel toe jy verlief geraak het die eerste keer, nou hoe het dit gewerk en hoekom kan ons nie altyd so voel nie, dink net hoe fantasties sal dit wees.

Nou ja hier is die vereenvoudigde verduideliking hoe dit werk. Elkeen van ons het ‘n, kom ons noem dit, emosionele bank. Sodra iemand iets doen wat ons emosioneel bevredig deponeer die persoon eenhede in die bank. Dieselfde geld vir die teenoorgestelde, sodra iemand iets doen waarvan ons nie hou nie omtrek hy eenhede. So afhangende van hoeveel eenhede gedeponeer of omtrek word, is hoeveel ons van ‘n persoon hou. Almal het dan ook ‘n liefde en haat drempel in die bank, indien die gedeponeerde eenhede meer raak as die drempel verander die, hou van, in liefde  en afhangende van die onttrekkings kan dit verander in haat in.

So wat gebeur, Karin  ontmoet vir Kobus, sy voel effens negatief aangesien sy ‘n baie slegte vergadering met haar baas gehad het. Kobus is egter opgeruimd aangesien hy ‘n groot transaksie beklink het. Hy sien Karin lyk bekaf en doen iets wat hy nie as ‘n reël sal doen nie maar aangesien hy so goed voel vra hy sommer vir Karin uit die bloute hoekom lyk sy so terneergedruk. Dadelik gryp Karin die bietjie aandag aan aangesien sy ernstige behoefte het aan iemand om na haar te luister en  alles wat Kobus doen en sê is sommer reg, hy luister na haar sonder om te oordeel, gee positiewe raad en sy voel sommer beter. So   deponeer Kobus eenhede op groot skaal in Karin se emosionele bank. Kobus sien die verskil wat hy aan Karin se gemoed maak en dit laat hom goed voel, dus gaan hy nog meer uit sy pad om haar gelukkig te maak en die eenhede word in haar emosionele bank gedeponeer. Karin aan die anderkant voel sommer heelwat beter en geniet die positiewe aandag terdeë. Sy wil nie hê dit moet eindig nie en begin uitvra oor Kobus en wys werklik opregte belangstelling in wat hy doen. Dadelik laat dit Kobus goed voel en Karin deponeer weer so eenhede in Kobus se bank. So groei die verhouding van gewone gesprek tot ‘n eerste afspraak. Hulle geniet mekaar se geselskap en nog afsprake volg. So het Karin kaartjies vir ‘n ballet vertoning, Kobus haat egter ballet, maar om haar gelukkig te maak woon hy dit by. Karin wat krieket haat doen dieselfde. Kort voor lank is die twee smoor verlief, doen alles saam, gesels land en sand en alles is net wonderlik. Kobus vra die groot vraag en Karin aanvaar dat hul die res van hul lewens gaan saam deurbring. Vorentoe gesels ons verder oor wat met Kobus en Karin gebeur het.

So wat het eintlik gebeur, die twee mense in die voorbeeld het alles gedoen om mekaar se emosionele behoeftes te bevredig en alles vermy wat konflik veroorsaak. Maar ongelukkig met tyd kom alles terug na die werklikheid en ons begin weer op onsself fokus en die onttrekkings uit die bank begin. So die kruks hier is, indien ons weet wat mekaar se emosionele behoeftes is kan ons alles in ons vermoeë doen om dit te bevredig en indien ons weet wat mekaar irriteer kan ons daaraan werk om dit te verander.

Ongelukkig weet ons nie altyd wat mekaar se behoeftes en irritasies is nie en daarom gaan ons hier kyk na die top 10 emosionele behoeftes van die mens en die 6 hoof irritasies. Deur die belangrikste emosionele behoeftes by jou geliefde te identifiseer en dit te bevredig en die irritasies te verander kan ons weer liefde terugbring in ons verhoudings en huwelike.

Is jou verhouding op die rotse, wat vernietig verhoudings? Inleiding
Om ‘n suksesvolle huwelik te hê is harde werk en ons het beslis nie goed nodig om ons te ondermyn  in die werk wat ons insit nie. Ongelukkig is daar ‘n paar goed wat ons self doen om die liefde in ons huwelike te ondermyn, en ons gaan hier kyk na ses van die grootste struikelblokke. Baie van die goed doen ons onwetend en is beslis onbeplan. Ons kan egter indien ons weet wat hierdie goed is daaraan werk en bedag wees daarop wanneer ons dit doen.

Wanner ‘n man ‘n vrou slaan,  praat ons van misbruik of mishandel  in die huwelik, die hartseer is egter misbruik gebeur op baie maniere in die huwelik en die ses emosionele goed waarna ons gaan kyk kan ook indien dit te erg gedoen word geklassifiseer word as misbruik al is daar nie fisiese letsels nie. Misbruik kan dus geklassifiseer word as ‘n doelbewuste poging van een van die lede van ‘n verhouding om die ander ongelukkig te maak. Die motief is gewoonlik om die ander persoon se emosies, opvattinge en opinies te beheer. Ongelukkig sal die persoon wat dit doen dit nie sommer erken nie, al weet hy of sy dit veroorsaak ongelukkigheid glo die persoon dis die regte ding om te doen en tot voordeel van die ander. So persoon sal dan ook sê as die ander een ongelukkig is: “ek het nie bedoel om jou seer te maak nie” of ” moenie sleg voel nie” of ” ek het dit eintlik vir jou beswil gedoen”

Ons gaan in die reeks meer uitbrei oor hoe werk ons emosies, hoe kan ons dit beheer en dan natuurlik na die ses hoof sondebokke wat huwelike vernietig nl: Selfsugtige eise, oneerbiedige oordeel, woede uitbarstings,oneerlikheid,irriterende gewoontes en onafhanklike optrede. Ons gaan dan ook kyk na hoe kan ons saamwerk om hierdie ses te oorkom om sodoende ons huwelike gesonder te maak.

Waarop fokus jy?
Wat ‘n wonderlike ervaring om mense se lewens te sien verander deur net hul denke te verander. Wonderlike voorreg om met dame in Washinton DC te werk wat werklik baie probleme tuis ervaar. Net deur haar denke te laat verander om die mooi in haar lewe te sien en  nie net te fokus op die slegte nie het haar omstandighede totaal verander. Dit gaan nog moeilik by die huis maar die manier wat sy dit hanteer is anders en daarom ervaar sy dit nie meer so negatief nie. Waarop fokus jy vandag, sien jy altyd  die negatiewe of is jy dankbaar vir die mooi in die lewe? Begin maak ‘n lysie van die mooi wat jy vandag ervaar het, ‘n drukkie van ‘n kind, ‘n glimlag, ‘n mooi dag, verander jou denke en jy verander jou lewe. Onthou vandag se probleme is die aanloopbaan vir more se sukses.

Hoekom is dit God se skuld?
Ek verstaan dit nie, hoekom as iets verkeerd gaan is dit God se skuld. Hoeveel keer het ek myself nie al gevra nie, wat het ek tog gedoen om dit te verdien, hoekom laat die Here dit met my gebeur. As iets fout gaan is dit nooit die duiwel se skuld nie nee dis God Hy haat my, God is wreed onregverdig, ek gaan Hom nou terugkry, as Hy so wil maak gaan ek nie meer kerk toe nie, ek lees nie Bybel  nie en ek bid nie. En dan volgende ek verstaan nie God praat nie met my nie, dit voel of ek teen die plafon vas bid. Hoe moet God met ons praat as ons nie bereid is om te luister nie. God praat met ons deur sy woord, deur ander gelowiges en as ons ophou Bybel lees en kerk toe gaan kan God nie met ons praat nie.

Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor.

Is ons werklik in resessie?
Ek wonder soms oor die vraag of ons en die wêreld se ekonomie werklik in resessie is en of ons resessie oor onsself bring. Kyk ek so na wat aangaan in besigheid en hoe besigheid verminder het kan ek beslis nie anders as om te glo ons in een verskriklike resessie nie. Maar dit gesê, hoeveel van die afneem van besigheid is ons eie toedoen en hoeveel is die resessie se skuld. Dit kan net elkeen vir onsself antwoord. Het jy toe jy hoor van resessie ophou adverteer om geld te bespaar, minder kliënte gesien om kostes af te hou? Moet ons dan nie juis in swak tye adverteer en meer mense sien nie? Dis soos die geleerdes se, mense het nooit geld om te adverteer nie want dit kos te veel maar sodra sy besigheid in die moeilikheid is wil hy die besigheid verkoop, en wat is die eerste ding wat hy doen, hy adverteer, pleks hy maar geadverteer het in die goeie tye dan was daar moontlik nie die nodigheid vir besigheid verkoop nie.

Waarna toe is my besigheid oppad?
Weet jy waarnatoe jou besigheid op pad is of bedryf julle ook maar besigheid sommer so lukraak elke dag en hoop vir die beste. Is jy kwaai met jou personeel as dit swaar gaan in jou besigheid en verkope stadig is? Weet jou personeel waarnatoe jou besigheid op pad is en wat jy van hulle verwag.

Ons kan help, jy en jou personeel het die kundigheid oor wat julle doen, ons kan help dat julle uit die boks begin dink en bereik wat jy graag wil bereik in jou besigheid. Vir gratis eerste konsultasie kontak ons gerus.