Is dit nie net wonderlik hoe ons as mense ons lewens aanpas en verander om in te pas of aanvaar te word nie. Iewers het iemand besluit jy moet deel wees van die groep jy moet alles doen om in te pas, jy is te bang om jou mening te lig of om te sing of te dans want wat gaan die mense tog dink of se. As ek so na my eie lewe kyk, ai die dans ding, ek is mal oor dans en musiek maar dit kos altyd baie moed bymekaar skraap voor ek begin dans. Die dans eindig amper dan het ek eers die moed en net wanneer dit lekker begin raak is die aand verby. Is daar goed in jou lewe wat jy nie doen nie omdat jy bang is om uit te staan of om gesien of gekritiseer te word? Wel ons is gemaak om uit te staan, elkeen van ons is uniek en spesiaal en ons mag maar anders wees en uitstaan. Die vraag is egter hoe hanteer jy ander mense wat anders is of dinge anders doen as die norm, is jy deel daarvan om te veroorsaak dat mense te bang is om hulself te wees.

Ons is hier om die beste in ander mense te laat uitkom. Ons is nie hier om ander mense se selfbeeld of selfvertroue n knou te gee nie. Dis tyd dat ons introspeksie doen en kyk waste invloed het wat ek doen of se op ander mense. Ons word nie gedifinieer deur wat ons het of wat ons doen of verdien of hoe ons lyk nie, ons word gedefinieer deur wie ons is as mens, jou integriteit, beginsels, waardes en geloof is wat jou maak wie jy werklik is. Leef elke dag met passie deurnis en onvoorwaardelike liefde,