Wat is dit met ons? Ons sê ons glo in ‘n lewende God en vertrou op Hom maar sodra goed skeef loop hou ons op vertrou en begin planne maak.  Ons bid en vra vir hulp maar beplan so lank plan B, C en D vir ingeval God nie ‘n antwoord het nie. Wanneer ons dan ‘n antwoord van God af kry is daar nie ‘n manier wat ons in dit kan vertrou nie en ons implementeer dan een van ons eie planne. Dit gaan dan glad nie soos ons beplan nie en blameer dan vir God want hoe kan hy so iets toelaat.

Om te glo is om nie ‘n plan B te hê nie en ten volle te vertrou dat God sal voorsien op die regte tyd. Sy tyd is nie ons tyd nie en ons moet leer om geduldig te wees.

Volgende keer as jy vir God vra vir hulp glo dat Hy sal voorsien en vergeet van plan B.